Uit die Breyten Breytenbach-heid
Uit sy gedigte het Afrikaans grys geword
Uit sy sin het Afrikanerdom 'n nuwe reis gevat
Uit die opbruis het groente vleis geword
Uit sy gesprekke het Suid-Afrikanerheid in biblioteke gebrou
Hy was 'n growwe sout wat die biltong wat Suid-Afrika is, sagter gemaak het
Hy kon sonder toesteming die regte kant van Mandela besoek
Omdat hy Breyten was, kon hy 'n inter-rasse digter word
Hy het nie muskiete gejag nie,
Muskiete het hom gejag
Pardoef! Ek kon jou nie kry nie
Het rassisme van hom gesê
Hy was net 'n Breyten met 'n Bach
Hy is by sy Vader omdat hy gesterf het
Sy liggaam loop nou 'n nuwe pad
Sy gees is steeds met ons
Maar Breyten se graf is op ons skouers
Hy gaan nou daagliks met letterkundiges in biblioteke gesels.
Net dié wat sy gedigte gaan lees kan sê: "Môre ou Grote"
Vir dié wat nie gaan lees nie, is dit 'n groot gemis
Ja, hy is weg, maar nog naby
'n Literêre arend het weggevlieg
Net sy Vader weet hoe vêr van ons, die miere, hy is
Mooi loop, ou Grote
Jammer, slegs die liefhebbers van die taal weet wie jy rêrig is
Slaap sag, dit moet heerlik wees
Deur Dr FM Lucky MATHEBULA , 2024
Uit sy Breyten Breytenbach-heid, ons salueer saam sy nagedagtenis.
Die is namens "ons die mense" wat uit die blou van onse hemel skyn.
Hosi Katekisa, Nkosi Sikelela, Morena Boloka,
By Voorbat,
Comments
Post a Comment